The property listed below is no longer for sale. Click HERE to view other properties in the area.
Hierdie pragtige ruim drie slaapkamer woning, gelee in n rustige gevestigde woonbuurt, het baie om te bied. Die woning is op n ruim erf met gevestigde tuin, en daar is n toegeruste boorgat wat verseker dat die tuin goed in stand gehou word. Ligging van die woning is uiters ideaal daar dit baie naby aan skole sowel as winkelsentrums gelee is. Die woning self bestaan uit drie ruim slaapkamers, 2 badkamers waarvan een en suite, n oopplan sit/eetkamer met n antrasiet kaggel, en n goed toegeruste kombuis. Alarmstelsel is geinstaleer en in werkende toestand. Elke slaapkamer het sy eie lugversorger. Daar is ook n lugversorger in die leef area. Dan is daar ook n dubbel toesluit motorhuis, n baie netjies biediende kamer met toilet wat as n ekstra slaapkamer of waskamer kan dien. Die lapa is baie netjies met n ingeboude braai, en die dak is gedek met Harvey teels wat brandgevaar verminder en nie n las op versekering is nie. Huisplanne is onlangs opgedateer en sluit n okupasie sertifikaat in.
Purchase Price R 1 380 000
Building Size0.00 m2
Type of PropertyHouse
Monthly Rates1350.00
Land Size1130.00 m2
Last Updated01 Aug 2022
Bedrooms3.0
Bathrooms2.0
Garages2.0
Carports2.0
Add Email Alert
To receive emails for similar properties in Dorandia!