The property listed below is no longer for sale. Click HERE to view other properties in the area.
BESPROEIING !! Swartwater 700 ha met 27 ha besproeiing Wildplaas met besproeiingsmoontlikheid uit boorgate, 3/4 wildwerend omhein (3,6 km nodig), Eskomkrag Moderne 4-slk huis, Swartwater area, geen grondeis volgens die verkoper nie. Verkoper is bereid om ten volle wildwerend te omhein voor datum van registrasie. . Afstand vanaf Pretoria Zambesi/N1 aansluiting 370 km. Boorgate: 1x 5 000 gal per uur,(22500 liter) nie toegerus 1x 4 000 gal per uur,(18000 liter) nie toegerus 1x 1 000 gal per uur(45000 liter) huishoudelike gebruik.] Beskik oor toetssertifikate 1x watersuiping met generator. 15 ha lande toegespan Besproeiingskwota 69 ha. Eskom 3x 25 kva punte. Wildgetalle: Rooibok 60 Gemsbok 12 Zebra 4 Wildebeeste 15 Koedoe 15 Rooihartbeest x6 Vlaktewild soos bosbokke, vlakvarke nie ingereken. Let op ! Die plaas is oop, die buurman langs die grondpad is wildwerend omhein, wild kan nêrens heen, Bertie Joubert eiendomme bemark die grond as "oop". Huis 1, woonhuis, 372 vkm, 4 slaapkamer, 1 ensuite badkamer, 1 gedeelde badkamer, 1 pakkamer, Alle kamers met lugverkoeling, Swembad. Buite woonstel, 100 vkm, 2 slk, Badkamer, Klein kombuis, Sitkamer Rondawel, 33 vkm, Badkamer Skuur, 360 vkm, beton vloer, sink dak, steenmuur. Gaste lodge: Chalets x3, 46 vkm elk, Geen Eskom, Grasdak met kombuis eetkamer oop plan, Chalets betsaan uit 2 slk met badkamer, Lodge meubels en linne ingesluit. Arbeiders huis, 3 kamers, 36 vkm. Los goed nie ingesluit, apart onderhandelbaar. 80 ha lande toegespan. Spilpunt moederlyn reeds geinstalleerd, spilpunt 3-toring, word verwyder wanneer verkoop. Hoe word die grond besit Regs entiteit, BK. Btw Status ? Geregistreerd. Topografie: Plat, met twee klein koppies. Wie is die bure ? Permanente inwoners, besproeiingboere. Weiding, soetveld en in goeie toestand. Padnetwerk goed, mooi skoon geskraap. Boomspesies: Rooibos, maroela, kanniedood. Reënval: 400 mm per jaar gemiddeld. Veiligheidsituasie ? Geen voorvalle, bevestig asb met die verkoper en die lokale GPF, lae risiko. Hoeveel grondpad tot by die hoofingang ? 1 km. Hoeveel hekke om oop te maak ? Geen. Is dit 'n binneplaas ? Nee, grens aan 'n grondpad en word slegs deur lokale boere gebruik. Waar woon die verkoper ? Op die plaas. Waarom verkoop ? Privaat aangeleentheid. Afstand vanaf stamgrond/nedersettings 15 km in reguit lyn. Afstand vanaf dorp, Ellisras 100 km, Potgietersrus 180 km. Hoogte bo seevlak 840 meter. Vorm van die grond ? Reghoek/trapesium. Hoe lang is die plaas al in die mark ? 10/2016. is die prys onderhandelbaar ? Ja, na afloop van besigtiging kan u 'n billike en skriftelike aanbod maak. Toestand van die wildheining, benodig aandag. Waar woon arbeiders ? Buite hoorafstand. Is daar enige wildkampe ? Nee, helemaal oop. Hoeveel is die drakapasiteit van die area ? Ongeveer 15 ha p/gve (grootvee eenheid). Is daar enige iemand met reg van weg ? Nee maar die pad verdeel 'n klein stukkie ,ongeveer 6ha waarop arbeiders woon. Is daar 'n rivier ? Nee Besproeiing ? Ja, daar word tans uit boorgate besproei en drupbesproeiing. Verkoper het bevestig dat hy boorgatsertifikaat het maar u is welkom om self die boorgate te toets. Geen grondeis. Serivituut, Grondpad sny ongeveer 6 ha af waar arbeiders woon. Geen binnedraad, dws geen beeskampe dit is helemaal oop. Geen fontein. Geen oop water soos standhoudende rivier. Geen huur met opsie om te koop. Geen afbetaal, geen termes. Geen persoon met vruggebruik Geen persoon met lewensreg. Geen ruiltransaksie hoegenaamd, verkoper wil verkoop en weg wees. Geen weiding te huur. Okkupasie met registrasie. Geen probleem met Bosindringing. IGeen 4x4 nodig, begaanbaar met 'n gewone bakkie. Los goed: Onderhandel met verkoper, daar word niks ingesluit. Selfoonontvangs: Goed, MTN/VodaFone 3G. Positiewe bure ? Ja, wildboere en besproeiingsboere. Toegang ? Slegs een hek, hoofingang. Padnetwerk goed, mooi oopgemaak, alle boomtakke gesnoei. Oppervalk: hoofsaaklik rooi leem grond, sand-leem klein sanderige deel. Enige mynbedryweighede ? Geen myn in die nabyheid. Die grondpad toegang is slegs lokale boere toegang, geen deurgang na ongewenste nedersettings. Somer maks temp 43 Celsius. Los goed soos trekkers en implimente ? Onderhandel met verkoper. Indien daar enige los goed ter sprake is kan die verkoper indien nodig die losgoed kom uitwys, koper sal inventaris en foto's neem. Geen "jy sê, hy sê, maar jy het gesê of die agent het gesê", geen verwyte. In geval van enige dispuut, verwys na die kontrak. Indien die verkoper nie aanwesig is sal die koper inventaris neem, foto's neem en los goed dan met die vekoper onderhandel. Los goed onderhandeling is 'n aangeleentheid tussen verkoper en koper. Om koper en verkoper te beskerm kan los goed in die kontrak gespesifiseer word. "Ooooom ek vertrou jou" lei elke keer tot rusie. Dus: inventaris, foto, kontrak. Wildgetalle is 'n konserwatiewe beraming, koper doen self jou wildtelling. Bertie Joubert eiendomme aanvaar geen verantwoordelikheid vir wildgetalle.Oop plaas. U aanbod sluit agentekommissie in, kommissie is 'n privaat aangeleentheid tussen verkoper en agent. Gekwalifiseerde kopers is kontant kopers. Kopers wat wil aansoek doen om finansiering benodig ten minste 50%, verkieslik 60% van die koopsom in kontant plus oordragkostes. Okkupasie met registrasie, volgens voorwaardes in die kontrak. Onderhandel met die verkoper. Afspraak ? Ten minste 24 uur vooraf afgespreek.
Purchase Price R 10 500 000
Type of PropertyFarm
Land Size7000000 m2
Last Updated24 Oct 2017
Add Email Alert
To receive emails for similar properties in Swartwater!