R 3 390 000 | 6 bed property for sale in harmonie

Property Description

Hierdie pragtige eiendom van 5552vk meter in Burgersdorp bied die perfekte balans tussen gerief, spasie en geleenthede vir uitbreiding. Die hoofhuis beslaan 621 vk meter en spog met drie ruim leef- en onthaalruimtes, drie slaapkamers (waarvan een en-suite is), 'n ekstra sonkamer en 'n aparte vol badkamer met 'n aparte toilet. Die kamers is baie ruim en toegerus met lugverkoelers. Die hoofsitkamer en TV-kamer het beide kaggels vir winterse warmte. Die braaikamer met binnebraai lei uit na die swembadarea, met 'n onderdak kuierarea en 'n jacuzzi - ideaal vir vermaak. Die goed toegeruste kombuis, met 'n aparte opwasplek, is perfek vir groot gesinne of gasvryheidsdoeleindes. Daar is ook 'n aparte waskamer in die buitegeboue. Die erf bied groot geriewe soos 'n groot swembad, tennisbaan, golf-"putting green" en trampolien vir kinders. Gastehuis word gemeubileerd verkooop: Die gastehuis bestaan tans uit drie gemeubileerde gastekamers, elkeen met en-suite badkamers en lugverkoelers. Alhoewel dit tans net op Lekkerslaap geadverteer word, is daar groot potensiaal om die besetting te verhoog. Besoek gerus Seisoen Guesthouse op LekkeSlaap vir meer inligting. Die goedgekeurde bouplanne maak voorsiening vir die toevoeging van vier ekstra selfsorg-eenhede, wat die eiendom se verdienste-potensiaal aansienlik verhoog. Die planne vir die bykomende eenhede is reeds gehersoneer, wat R60,000 gekos het. Die dubbelmotorhuis kan maklik omskep word in ekstra eenhede, en sommige van die woonareas in die hoofhuis bied ook omskeppingsgeleenthede. Met soveel ruimte is daar ook geleentheid om 'n klein onthaal-venue te skep of selfs kampeerplekke aan te bied - 'n unieke geleentheid in Burgersdorp. Veiligheid: Die eiendom is omhein met hoe mure, het 'n elektriese hek, en is toegerus met 'n alarmsisteem en sekuriteitsligte. Noodkrag word verseker deur 'n kragopwekker, en die tuin is volledig besproei met 'n gerekenariseerde besproeiingstelsel, gevoed deur 'n boorgat met tenks en 'n drukpomp. Hierdie eiendom bied uitmuntende potensiaal vir uitbreiding, ideaal vir iemand wat in die gasvryheidsbedryf wil uitbrei of 'n klein venue wil bedryf.


Property Details

Purchase Price R 3 390 000

Building Size621 m2

Price Per SQMR 5458 m2

Type of PropertyHouse

Land Size5552 m2

Pets AllowedYes

Last Updated01 May 2025

Rooms

Kitchen1

Bedrooms6

Bathrooms5

Reception Rooms

Lounges3

Dining Room1

External Features

Swimming PoolYes

Garages2

Carports6

General Features

SecurityYes

Property Location

Similar Property in nearby suburbs

Agent

Johan Venter

Share        

Add Email Alert
To receive emails for similar properties in Harmonie!


Close