The property listed below is no longer for sale. Click HERE to view other properties in the area.

R 2 000 000 | farm property for sale in lydenburg

Rentbay no property image

Property Description

42 ha Swart Bessie plaas te koop. - Lydenburg Hierdie is ‘n uitstekende geleentheid om deel te word van die swartbessie-bedryf in Suid-Afrika. Tans is daar net sowat 35 ha swartbessies in Suid-Afrika -met ‘n toekoms wat baie belowend lyk. Insetkostes op swartbessies beloop ongeveer R150 000 per hektaar en tans word daar 10 tot 15 ton per ha geoes. Tans kry boere tussen R170 000 en R250 000 per ton vir swartbessies. Hierdie plaas is ongeveer 17 km vanaf Lydenburg in Mpumalanga en bied die volgende: ‘n Drie-Slaapkamer woonhuis wat onlangs gerestoureer is. 26 500 m3 Waterregte. 5 ha besproeiing waar daar 2 hektaar swartbessies gevestig is. Die ander lande word gebruik om uitvoer baba-groente te plant. Daar is beplanning gedoen vir 10 ha swart -en bloubessies. Besproeiing word gedoen uit ‘n standhoudende rivier met bogemiddelde suiwer water. Die water word direk uit die rivier onttrek, dit verseker goeie gehalte water teen ‘n lae temperatuur. Daar is ook 2 opgaardamme. Daar is verskeie pakgeriewe in die omgewing en die verkoper is bereid om as mentor op te tree vir die nuwe eienaar. Daar is ‘n bestuurder op die plaas wat oorgeneem kan word indien die nuwe eienaar dit sou verkies. Daar is geen arbeiders wat op die plaas woon en ook geen grondeise op die eiendom nie. BTW moet nog by die geadverteerde prys gevoeg word.


Property Details

Purchase Price R 2 000 000

Type of PropertyFarm

Land Size420000 m2

Last Updated05 May 2021

Property Location

Similar Property in nearby suburbs

Add Email Alert
To receive emails for similar properties in Lydenburg!


Close